ARTIST: Lieb Bester
TITLE: Tranquilla (Rustigheid)
REVIEWER: Sergio Zampolli
DATE OF REVIEW: 2011-04-12 01:34:57
TRACKS:
- Weisse Rosen
- You Raise me Up
- Santa Lucia
- Desperado
- O Sole Mio
- It’s a Sin
- La Spagnola
- Mama Leone
- Der dritte Mann (The Third Man)
- The Rose
- Something Stupid
- Java
- Wien bleibt Wien
- Somewhere over the Rainbow
- Wonderland by Night
- Love will keep us alive
- Oupa Doors se Kleindogter
REVIEW:
As Lieb Bester sy nuutste CD ‘Rustigheid’ genoem het, dan was dit nie verniet nie. Dit is beslis die beste terapie vir enigiemand, maar selfs vir die ergste senuweewrak. Dit is weer eens ‘n pragtige keuse van goue treffers, verteenwoordigend van verskillende lande, tydperke en geaardhede, alhoewel dit almal perfek by die rustige stemming pas. Daar is selfs die beminde Hollywood-treffers “Somewhere over the Rainbow” (uit die kleur-era), en “Der Dritte Mann” (uit die swart en wit era).
Dan is daar ‘n bonus snit. “Oupa Doors se Kleindogter” – Anti(e) Tranquilla (weer eens ‘n puik woordspeling) is ‘n lekker lewendige sakkie-sakkie. Al wat kortkom is die biltong en beskuit, koeksisters en melktert….. Dan kan jy maar weet jy is presies waar jy wil wees. Skuus, amper vergeet ek die koffie!
Die “dream team” bestaan uit Mauritz Lotz op kitare, James Sunney op baskitaar en kontrabas, Dennis Lalouette op baskitaar, Rob Watson op tromme, André Bester op perkussie, en César de Almeida (César’s Sound), wat alles mooi bymekaar opgetel het, gemeng en bemeester het. ‘n Pragtige produk.
Kontak Lieb Bester by: grcb@netactive.co.za