ARTIST:   Theo Erasmus
TITLE:   Straatkafee (1997) CDTGE 14
REVIEWER:   Amarillie Ackermann
DATE OF REVIEW:   2012-02-26 02:02:16

TRACKS:

  1. Liefdeslied (Melody for Lovers) – Nikos Ignatiades
  2. Ware Liefde (True Love) – C. Porter
  3. Die Houtkapper se Lied – Theo Erasmus
  4. Klein Karoo – S. Reinecke / A. Viljoen
  5. Wolkehemel – Theo Erasmus
  6. Tango Simfonie – George Esaul
  7. Wintermaan – Theo Erasmus
  8. Aan die Einde van die Reenboog – G. Steyn
  9. Straatkafee – Theo Erasmus
  10. Vakansie in Venesie – George Esaul
  11. Melodie van die See – Theo Erasmus
  12. Ek sal jou nie vergeet nie – Tutu Olivier
  13. Die Mense van Mooinooi – Theo Erasmus
  14. Suid-Afrikaanse Roos – Arletowicz / De Waal
  15. Liefdesdroom (Dream of Love) – Ken du Plessis
  16. Maanligserenade – Theo Erasmus
  17. As ek droom (Whenever I am Dreaming) – Rollo Scott
  18. Buon Vino – Theo Erasmus
  19. My Serenade – A. De Waal

REVIEW:

Indien iemand Theo Erasmus se 1997 vrystelling van die CD Straatkafee misgeloop het, of vergeet het, hier is nog ‘n kans. Dit is vrygestel net voordat almal so vrylik en maklik toegang tot die internet gehad het.

Die CD is vol van pragtige melodië met onder andere heelwat van Theo se eie komposisies. Theo lewer steeds ‘n besondere unieke bydrae in Suid-Afrika, deurdat hy nie net self speel nie, maar verwerkings maak, en ook self komponeer en ‘n yslike versameling CDs vrygestel het.

Tesame met Theo se eie komposisies is daar ook verteenwoordiging van ander Suid-Afrikaanse komponiste se werke, o.a. Rollo Scott, Sias Reinecke en Ken du Plessis.

Dit is voorwaar ‘n lekker luister-CD, met toeganklike musiek vir almal, en juis nou dat daar so ‘n groot mode en populariteit is vir hierdie tipe musiekversamelings – die Café de Paris- tipe, ofKonditoreimusik…. Hier is ons eie Straatkafee CD, danksy Theo Erasmus.

Kontak Theo Erasmus: theo_erasmus@telkomsa.net