ARTIST:   Ollie Viljoen en Blues & Susters
TITLE:  My Land, My Lied
REVIEWER:   Amarillie Ackermann
DATE OF REVIEW:   2011-08-07 01:18:36

TRACKS:

  1. Waterblommetjies – Anton Goosen
  2. Daar kom die Alibama – Tradisioneel
  3. Jantjie – Anton Goosen
  4. Sarie Marais – Tradisioneel
  5. Ek verlang na jou – Jan de Wet
  6. Suikerbossie – Tradisioneel
  7. Herd Boy – Nico Carstens
  8. Oom Bossie van die Bosveld – Danie Bosman
  9. Sawends – Jan Pohl
  10. Zambezi – Nico Carstens
  11. Groen Koringlande – Flippie van Vuuren
  12. Ver in die ou Kalahari – Danie Pretorius
  13. Skadu van ou Tafelberg – Danie Bosman
  14. Hem

REVIEW:

In Mei 2011 is hierdie CD vrygestel. Dit is ‘n heerlike samestelling van Afrikaanse liedjies, deur Afrikaanse skrywers, en uitgevoer deur Afrikaanse kunstenaars. Ollie Viljoen op klawers, akkordeon en melodika, word bygestaan deur Anna Davel (sangeres), Lou-Ann Stone (saksofoon), Schalk Joubert (baskitaar) en Kevin Gibson (perkussie). Saam staan hulle bekend as Ollie Viljoen en Blues & Susters. Hulle maak ‘n verfrissende prentjie: die twee jong manne met hulle wit hemde, die twee pragtige langhaar-brunette, wat amper lyk of hulle susters kan wees, en dan Ollie in die middel, kompleet met sy vlootpet.

Op die CD omhulsel verskyn die volgende twee sinne:

1. “Ollie Viljoen bied Afrikaanse volksbesit-musiek op ‘n uitsonderlike vars en funky manier aan. Hierdie verfrissende nuwe benadering ontlsuit ons tradisionele Afrikaanse musiek met ‘n passievolle betowerende nuwe Jazz / Blues-sleutel.”

2. “Hierdie album het ontstaan uit ‘n behoefte om die unieke “Blues en Susters”-musiek, nà ‘n konsertbelewenis, huis toe te neem”.

Daar is 15 snitte op die CD, wat varieer van lewendig en opgewek, tot baie sielvol en roerend (veral Herd Boy). Die items varieer ook in tempo, van vinnig en bonserig, tot stadig en strelend. Die lirieke verteenwoordig Afrikaanse liriekskrywers sover soos “tradisioneel” (uit die FAK), deur Jan Pohl, tot so “modern” soos Anton Goosen. Dit bring beslis ‘n paar herinneringe terug…. Ek het laas “Oom Bossie van die Bosveld” op ‘n langspeelplaat (‘n swarte) gehoor in my ma se huis, deur Dawie Couzyn en Doris Brasch…..toe ek klein was…..

Hierdie CD is ‘n moet vir enige liefhebber van jazz, blues of Afrikaanse musiek, en juis te meer vir dié wat van al drie hou.

As ek nou kyk na die doelwitte wat op die CD se omhulsel verskyn, en luister na die eindproduk, moet ek nadruk, die twee het bymekaargekom soos perskes en room. ‘n Mens kan almal wat daaraan deelgeneem het om die doelwitte te bereik, gelukwens. Dit is baie verfrissend om so ‘n nuwe benadering tot die Afrikaanse musiek te hoor. Die lirieke in die sang-items is ook baie aanvallig.