ARTIST: Lieb Bester
TITLE: Met ‘n Lieb in jou Hart
REVIEWER: Sergio Zampolli
DATE OF REVIEW: 2011-04-12 02:54:05
TRACKS:
- Blue Bayou
- Last Date
- Echo der Berge
- Alley Cat
- Jealousy
- Music Box Dancer
- Alte Kameraden
- I can’t stop Lovin’ You
- Tea for Two
- Blueberry Hill
- La Vie en Rose
- San Francisco Bay Blues
- Volo degli Angeli
- La Paloma
- Ramblin’ Boy
- The Air that I Breathe
REVIEW:
MAATSKAPPY: Mamba Records – MRLBCD02 Bo en behalwe dat die CD se titel ‘n puik woordspeling is, is dit heeltemal die waarheid. Die mens wat dit nie so ervaar nie, sal dit van niks anders ervaar nie. Alombeminde Lieb Bester van Villa Rosa-faam is net so bedrewe en vaardig met sy vingers op die klawers van beide die trekklavier, klavier en klawerbord, as wat hy voor die kameras is.
Die CD se klank is fantasties. ‘n Mens kan nie help om te glo dat jy saam met die musikante in die ateljee sit nie. Dis moeilik om te glo dit is al een stap verwyder van die lewendige uitvoering. Volpunte aan die klankingenieur. Eintlik sommer Erekleure.
Lieb Bester is in klawer op alle vorms van klawers, ‘n goeie trekpleister op die konsertina en hy verskaf die regte stemtoon in “Ramblin’ Boy”. ‘n Mens moet net saamstem met sy aanwending van die kazoo (die blaasinstrumentjie wat die stemtoon op ‘n nostalgiese wyse laat vibreer). Verder was hy ook verwerksaam. Mauritz Lotz is op kitaar, Denis Lalouette op bas-kitaar en kontrabas, David Klassen op dromme en perkussie, Andre Bester op harmonika en kazoo. Robin Walsh verskyn op “pedal steel”; in snit 15, en is ook verantwoordelik vir verwerkings, finale meng en bemeestering. Hy is ook die uitvoerende regisseur. Die verwerkings is verbeeldingryk, vindingryk en verfrissend.
Die programkeuse is asof ‘n mens dit self gekies het. As daar een item op verskyn wat ‘n mens nie geken het nie, dan sal ‘ mens jubel dat jy dit nou kan leer ken. Die snitte is net meer as ‘n eeu se verskeidenheid van goue treffers uit verskillende lande en verskillende eras (1889 – 1994) en verskillende style. Maar oor die algemeen wissel dit tussen “As You Like It” en “A Midsummer Nights Dream”… Moet dit nie misloop nie.
Kontak Lieb Bester by: grcb@netactive.co.za