I M P O T A N T A N N O U N C E M E N T for South African Accordion Players
Ons is trots om aan te kondig dat die Johannesburg Music Festival ‘n kategorie vir Trekklavier gestig het in die SAVMO (Suid-Afrikaanse Vereniging van Musiekonderwysers), genoem die JHB Fees vir die Bevordering van Musiek (JHB Festival for the Advancement of Music).
Datums: 22 Julie – 3 Augustus
Tyd: middae vanaf 14:00 en saans
Plek: Williams-Blok, WITS Onderwys Kampus, (Ou JCE)
Sergio Zampolli is aangestel as die koördineerder vir die kategorie.
Daar is 2 seksies:
JUNIOR 14 jaar en onder SOLO’S
SENIOR 15 jaar en ouer SOLO’S
Ons het ‘n groot geleentheid om ons instrument, wat jare lank hierdie kompetisies moes ontbeer, ten toon te stel.
Ek doen ‘n beroep op alle onderwysers om julle studente in te stuur vir die fees. Hulle het die kategorie vir ons geskep en ons moet dit ondersteun.
Vir verdere besonderhede kontak Sergio Zampolli:
E-pos: Sergio@accordionhubsa.co.za